top of page

TIP: Ondersteun "local brands"

Klein besighede is die hart van alle klein dorpies. Ek wat van ‘ń klein dorpie met die naam Sedgefield kom, kan beslis hiervan getuig! Florerende klein besighede skep werksgeleenthede vir plaaslike mense, ondersteun liefdadigheidsorganisasies, en het ‘n oorvloed van unieke goedere en dienste om van te kies.



Tydens die Covid-19 pandemie moes baie klein besighede aanpas, waar ander tans nog besig is om te herstel na die pandemie. Dit is en sal altyd belangrik wees om plaaslike klein besighede te ondersteun, maar vandag is dit meer belangrik as ooit!


Maar waar kan jy begin?


Kom ons wees eerlik: om “local brands” te ondersteun is soms net ‘ń verskoning om iets mooi te kan koop, en daar is niks daarmee verkeerd nie! Hieronder gaan ek eenvoudige maniere met jou deel hoe om plaaslike besighede te ondersteun en hoekom ons kennis moet neem oor hierdie belangrike onderwerp so gou as moontlik!


Hoekom moet ons “local brands” ondersteun?


Voordat ek al die kreatiewe maniere met julle deel oor hoe ons plaaslike besighede kan ondersteun, gaan ons eers gesels waarom hierdie ondersteuning belangrik is.


Jy neem jou plek in as 'n goeie burger wanneer jy help om klein besighede in jou en ander mense se gemeenskap aan die lewe te hou


Jou eie en ander dorpies se karakter word gebou uit die klein koffie winkel op die hoek, die bakery oorkant die hoofpad, en al die winkels waar die winkel eienaar die plaaslike inwoners nog op die naam groet. Om plaaslike besighede te ondersteun verseker dat winkel vensters lewendig bly, eerder as leë lewelose winkelruimtes wat te huur is.


Klein besighede ondersteun ander plaaslike inisiatiewe


Die geld wat jy spandeer op klein besighede, spoel terug in jou en ander se gemeenskap. Klein besighede skenk aan plaaslike liefdadigheidsorganisasies, NRO (Nieregeringsorganisasies) en jeug programme, 250% meer as groot besighede.





Klein besighede verskaf oorspronklike produkte en dienste


Jy kan ‘n gewone koekieseep in enige ketting winkel koop, maar kan jy ‘n “one-of-a-kind” koekieseep daar kry? ‘n Badbom wat lyk soos ‘ń kolwyntjie? ‘n Voëlvoerder wat gemaak is uit herwonne bottels? ‘n Eiendomsagentskap wat hul kliënte in ‘n unieke tuk-tuk vervoer na eiendomme? Dit is eenvoudig: hoe meer “local brands”, hoe meer dienste en goedere wat uniek is om van te kies.



Jy help die omgewing!


Groot kettingwinkels voer dikwels produkte op groot vragskepe in. Tydens 2019 het Pacific Environment in ‘n studie bewys dat daar deur die skeepsbedryf meer as een miljard metrieke ton klimaatsvrystellings plaasvind.

Wanneer jy plaaslik koop, kan jy dikwels ‘n kort afstand stap of ry om jou goedere te ontvang. Met dit gesê, maak plaaslike besighede baie gebruik van herwonne items. Meeste klein besighede probeer bewustelik om omgewingsvriendelike besluite te maak deur gebruik te maak van herwonne verpakking, asook die implementering van 'n volhoubare sakepraktyk.


Dit is goed vir jou plaaslike ekonomie


Klein besighede het in 2023, 30% van Suid-Afrika se bevolking in diens geneem. Dit beteken dat klein besighede verantwoordelik is vir die indiensstelling van + - 18 405 282 mense.

Verder sal die geld wat jy by plaaslike besighede spandeer help bydra tot die groei van jou plaaslike en nasionale ekonomie.

Hoe om klein besighede te ondersteun


Nuusflits! Jy hoef nie net geld te spandeer om plaaslike besighede te ondersteun nie! Hier is 12 kreatiewe maniere om klein besighede te ondersteun:


1. Besoek jou plaaslike boeremark


Produkte beskikbaar by ‘ń boeremark is beslis die varste en lekkerste! Vrugte word toegelaat om ten volle in die veld ryp te word en word daarna direk na jou toe gebring, geen lang afstand aflewering en geen gasse wat gebruik word om die rypwordingsproses te versnel nie. Plus, meeste voedsel produkte beskikbaar in groot besighede word soms behandel met plaagdoders, hormone, antibiotika, en genetiese veranderings wat baie sleg is vir jou grootword proses!




2. ”Tag” jou plaaslike besighede op sosiale media


Ondersteuning vir plaaslike besighede kan so eenvoudig soos dit wees! Deel ‘n foto van hulle op sosiale media wanneer jy die plaaslike boeremark besoek en een van hulle produkte geniet. Hierdie gratis bemarking sal die wêreld vir ‘ń klein besigheid beteken!




3. Los ‘n positiewe “review”


Wanneer was die laaste keer wat jy ‘n produk gekoop het sonder om na die aanlyn terugvoering te kyk. As jy sukkel om te onthou, weet net jy is nie alleen nie! Nege uit tien mense wêreldwyd kyk na produkte of dienste se terugvoering voordat hulle dit koop - en kan jy glo dat selfs negatiewe “reviews” ń positiewe impak op verkope kan hê! Deur “reviews” vind “word-of-mouth”- bemarking plaas en word geloofwaardigheid bygevoeg aan ‘ń klein besigheid se reputasie.


Nie seker wat om te sê in ‘ń “review” nie? Hier is ‘ń paar idees:

  • Uitstekende diens en heerlike pizza!

  • Ek kan dansklasse by ons plaaslike gimnasium sterk aanbeveel! Hulle het tans ‘n 20% afslag vir nuwe kliënte. (Slegs voorbeelde)

4. ”Comment, like & subscribe” en “share”

Een van die beste maniere om ‘ń besigheid waarin jy glo te ondersteun, is om die besigheid se boodskap op sosiale media te versterk. Om altyd op sosiale media te wees is ‘ń werk en verg baie tyd en aandag van n besigheidseienaar. Deur hulle “posts” te “like” en daarop te “comment” en te “share” stel jy jou vriende en volgelinge bloot aan daardie besigheid.



Hier is ‘ń paar maniere om klein besighede op sosiale media te ondersteun.

  • “Comment” op “posts” wanneer jy kan! Dit beteken om ‘ń vraag te antwoord wat ‘n besigheid ge-“post” het of om te “comment” hoe gaande jy is oor ‘ń produk wat vertoon in een van hulle “posts”.

  • “Subscribe” of “follow” ‘ń klein besigheid se YouTube of Facebook blad sodat jy ingelig is wanneer daar nuwe video’s of “posts” is.

5. Beveel klein besighede aan vir jou familie, vriende en kollegas


As dit moeilik is om plaaslike besighede finansieël te ondersteun, is “word-of-mouth” ‘n ander vorm van ondersteuning. Jou familie, vriende en kollegas sal meer waarskynlik spesifieke plaaslike besighede ondersteun wanneer hulle ‘ń aanbeveling gekry het.


Hier is ‘n paar maklike maniere:

  • Die maatskappy waar jy werk kan die werknemers bederf met ‘ń ete by ‘ń plaaslike besigheid.

  • Jou familie kan ‘ń plaaslike “venue” bespreek vir ‘n partytjie.

  • ‘n Vriendekring kan by ‘n plaaslike koffiewinkel bordspeletjies gaan speel in plaas van by iemand se huis.


6. Doen jou vakansie aankope vroeër


Beïndruk jouself deur jou vakansie aankope vroeër te doen en die groot stormloop van absolute chaos in die winkels te vermy. Deur inkopies vroegtydig te doen, verlig jy vakansie spanning van besonderse besige werkers. Tydens 'n studie deur Google in 2020, het hulle gevind dat 66% van verbruikers beplan om hul vakansie inkopies by plaaslike besighede te doen. Dit beteken dat werknemers van klein besighede baie besiger gaan wees tydens die vakansie seisoen in vergelyking met ander tye in die jaar.


7. Koop geskenkbewyse


Jy mag dalk nie 'n geskenkbewys dadelik gebruik nie, maar die onmiddelike inkomste wanneer so bewys gekoop word sal 'n besigheid baie help. 'n Geskenkbewys is 'n fisiese belofte aan die besigheid dat jy of een van jou vriende, familie of kollegas die besigheid op 'n latere stadium gaan ondersteun. Verder, is dit 'n fantastiese geskenk om aan iemand te gee!


Hier is 'n paar oulike tegnieke om te versker dat jou geskenkbewys die beste is vir daardie spesiale iemand:

  • 'n Geskenkbewys by 'n spa sal die ontvanger toelaat om die diens wat hulle verkies, self te kies.

  • Vir iemand met groen vingers is 'n geskenkbewys by die naaste kwekery ideal




8. Koop handelsware


Koop en dra die besighede se produkte. Besighede het dikwels t-hemde, hoede, koppies en plakkers wat met die besigheid se handelmerk gemerk is. Deur dit te koop ondersteun jy die besigheid en wanneer jy dit dra of gebruik, bemark jy aktief daardie besigheid vir toekomstige kliënte. Hoe fantasties om nuwe produkte te kan koop en terselfdetyd 'n verskil te kan maak!


9. Teken in vir nuusbriewe


Dit mag dalk vir jou nie vreeslik ondersteunend voel om vir 'n nuusbrief in te teken nie, maar dit is 'n gratis manier om jou waardering te wys. Klein besighede hou dikwels promosies waarvan die persone wat ingeteken is vir nuusbriewe, heel eerste daarvan hoor.


10. Soek op die web “Local businesses near me” of “small businesses near me”


Sommige plaaslike besighede het nie winkelvensters en is dikwels nie ooglopend geleë nie. 'n Eenvoudige Google soektog sal jou toelaat om klein besighede te ontdek wat jy nie andersins sou van geweet het nie. Deur "Local businesses near me" te soek, sal jy bekendgestel word aan 'n hele lys van moontlike plaaslike besighede om te ondersteun.


11. Neem kennis van wat “local brands” nodig het


Partykeer sal klein besighede roep om hulp. Besighede mag soms donasies versamel vir 'n waardige saak, of voorraad benodig vir 'n projek. Indien jy kan help met 'n behoefte wat 'n besigheid het, raak betrokke! Deur as vrywilliger in te staan by klein besighede, is 'n wonderlike manier om betrokke te raak by jou gemeenskap.


12. Hanteer plaaslike besighede se werkers met respek


Meeste klein besighede is bestuur deur 'n klein groep, wat dikwels hulle hande vol het met take. Probeer om geduldig te wees. As jy kan, gee fooitjies mildelik. Meeste kelners, kokke en ander klein besigheids werkers het lone verloor tydens die pandemie wat beteken dat hulle elke sent waardeer wat hulle nou ontvang.



So maklik soos dit!

Jy hoef nie baie van jou aankoop gewoontes te verander om klein besighede te ondersteun nie. Enige ondersteuning wat jy aan plaaslike besighede gee, word baie waardeer! Ek daag jou uit om ‘ń verandering te maak, al is dit net een op ‘ń slag. Begin met iets eenvoudig. Voordat jy dit besef, sal elke klein verandering ‘ń groot verskil maak.



























 
 
 

Comments


bottom of page