TIP: Drink jou Vitamiene!
- Kayla Ferreira
- May 7, 2023
- 3 min read
Updated: May 21, 2023
Jou twintig-en dertigerjare is ’n belangrike tyd in jou lewe asook vir jou liggaam. Soos wat jy ouer word, verander jy as mens asook jou liggaam se voedingsbehoeftes. Buiten dit, is dit dikwels ook oorweldigend om die regte aanvullings te moet kies wat reg is vir jou liggaam. Kom ons loer na 'n paar belangrike voedingstowwe wat jou liggaam benodig in jou 20s en 30s en maklike maniere om uit te vind wat jou unieke liggaam benodig.
Vitamiene wat jy moet gebruik in jou 20's en 30's
1. SONSKYN VITAMIEN
Vitamien D wat ook dikwels verwys word as die sonskyn vitamien, het hierdie oulike troetelnaam omdat jou liggaam meeste vitamien D deur sonlig absorbeer. Dit beteken dat as jy meeste van jou dag binnenshuis spandeer, in 'n kouer klimaat woon, of selfs sonskerm elke dag gebruik (soos wat jy moet!) mag jy 'n kandidaat wees van iemand wat onvoldoende vitamien D kry.
Regdeur jou 20's bou jou liggaam beendigtheid. Hierdie is 'n belangrike tydperk om te fokus op beengesondheid want jy gaan jou top beendigtheid bereik in jou laat 20s. Nadat jy jou top beendigtheid bereik het, sal jou bene geleidelik digtheid verloor.
Deur jou sonskyn vitamien te drink in jou 20s, sal jy verseker dat jou bene optimale digtheid en gesondheid bereik.
2. MAGNESIUM
Statistieke volgens die WHO ( World Health Organization) bewys dat Suid-Afrikaners verbruik slegs 50% van die magnesium wat vereis word om lewenskwaliteit te verbeter.
Die meerderheid in hul 20s en 30s is op soek na maniere om energie, spanning, en been gesonheid te verbeter- die antwoord tot die is magnesium inname!
Magnesium is 'n uiterse belangrike mineraal wat 'n rol speel in meer as 300 ensiem reaksies in jou liggaam. Dit is noodsaaklik vir been mineralisasie, spier ontspanning, asook energie metabolism. Magnesium is ook 'n hart mineraal wat normale hart ritme ondersteun en speel 'n noodsaaklike rol in die sentrale-senuweestelsel asook senuwee sel funksie. Dit kan help met die verligting van daaglikse spanning wat ons almal ervaar.
Verlig spanning
Handhaaf behoorlike senuwee- en spierfunksie
Ondersteun beengesondheid
Handhaaf sellulêre energie vlakke
Help om gesonde tande te handhaaf
Verminder moegheid en lae energievlakke
3. OMEGA-3
Alhoewel hartgesondheid nie bo aan jou prioriteits lys in jou 20s en 30s is nie, moet dit wees! Omega-3 is belangrik om jou kardiovaskulêre gesondheid te ondersteun en verbeter vel gesondheid wat beslis 'n prioriteit is vir mense in hulle 20s en 30s.
Ondersteun gesonde gewrigte
Handhaaf gesonde vel
Ondersteun sig
Handhaaf hartgesondheid
4. B-VITAMIENE
Vitamien-B is belangrik in alle stadiums van jou lewe, maar uiters belangrik in jou 20s en 30s. Hierdie vitamiene kan ons help met daaglikse spanning asook die verbetering van energievlakke. Dit ondersteun die handhawing van gesonde hare, vel, asook naels wat als belangrik is vir mense in hierdie stadium van hulle lewens.
Jou 20s en 30s is vir meeste mense die tydperk wat hulle beplan om 'n baba te baar. Indien jy in daardie fase van jou lewe is, is dit belangrik om genoeg vitamien B9 (foliensuur) in te neem.
5. YSTER
Ystertekort is een van die mees algemeenste voedingstof tekorte in die wêreld, wat meer as 30% van mense beïnvloed. By gesê, dames is ook baie meer vatbaar vir ystertekort as gevolg van menstruasie.
Yster is 'n mineraal wat jou ligaam benodig vir groei en ontwikkeling. Jou liggaam gebruik yster vir hemoglobien, 'n proteïen in rooibloedselle wat suurstof vervoer van die longe na al die dele van jou liggaam, asook myglobiese wat 'n proteïen is wat suurstof verskaf aan jou spiere. Jou liggaam benodig ook yster om verskeie hormone te maak.
Bevorder energie benutting
Verbeter ysterstatus
Vorm nuwe rooibloedselle en help suurstof vervoer regdeur jour liggaam
Verbeter immuniteit
Verminder kneusing
Beter atletiese prestasie
Bevorder gesonde swangerskap
Vitamin Club
Jou 20s en 30s is 'n unieke stadium van jou lewe en deur die korrekte aanvullings, kan jy jou beste voel. Sonskyn vitamien, magnesium, Omega-3, B-Vitamiene, asook yster is almal belangrike vitamiene en aanvullings wat jy mag benodig. Met die klem op "mag". Ons moet ingedagte hou wanneer ons aanvullings kies, dat elkeen van ons liggame uniek is en dus unieke aanvullings benodig.
'n Maatskappy wat ek sterk kan aanbeveel, wat 'n groot "buzz" veroorsaak op sosiale media, is Vitamin Club. Hulle het die kuns daarin bemeester om die aankope van aanvullings asook inname maklik en bekostigbaar te maak.
Op hul webwerf antwoord jy 'n 3 minute "quiz" en siedaar! Jou unieke vitamienaanvullings pakkie word by jou deur afgelaai. So maklik soos dit!











Comments