top of page

TIPS: Vir die Springbok Rugby Dames


Welkom Bok-dames! Vandag wil ek fokus op 'n onderwerp waaroor al ons dames al gedink het. Hoe om stylvol, veilig en gerieflik ons Springbokke te ondersteun gedurende hierdie Rugby Wêreldbeker 2023. Kom ons wees eerlik, hierdie sport word hopeloos te lank deur testosteroon-ondersteuners toe-geeien. Ons Suid-Afrikaanse vroue het immers die vermoë om grense te verskuif en onsself uit te daag om deel te wees van enige geleentheid, selfs die wat tradisioneel nie vir ons bedoel is nie. Wel, vandag verander ons dit! Hier gaan ons nie fokus op hoe om by te hou by die manne nie, maar hoe om ons eie gevestigde stempel te druk as ondersteuners op hierdie sport.


Tip #1 - Kyk so die Rugby Wêreldbeker 202

Gelukkig vir tegnologie dames, hoef ons nie 8789.06 km ver te reis om deel te wees van die Rugby Wêreldbeker 2023. Dames wat egter wel die geleentheid het om daar te kan wees, sal julle"tips" vir in-persoon ondersteuning volg.


Danksy verskeie aanlyn platforms kan ons in die gemak van ons eie sitkamer al die wedstryde volg. Hier is 'n paar wat ek kan aanbeveel:


SuperSport het eksklusiewe regte om die hele Rugby Wêreldbeker 2023 uit te saai wat toelaat dat jy die teenstanders se wedstryde ook kan bestudeer.

SABC het die regte om al die Springbok wedstryde uit te saai asook die "knockout stages" wanneer hulle dit behaal! Die wedstryde is tans 'n totaal van 19 wat die opening seremonie en openingswedstryd insluit.

Teken in op RugbyPass TV en kyk "live" wedstryde en eksklusiewe oomblike agter die skerms.


Tip #2 - So mis jy niks




Tip #3 - Mode Ontmoet Passie


Dit is belangrik om 'n uitrusting te dra wat gemaklik en geskik is vir die dag. My gunsteling kledingstuk wat ek vir enige Bok-dame kan aanbeveel is die stylvolle en gemaklike Bok Rok! Die rokkie merk al die regte boksies en jou man gaan ook saam stem dames, so laat hy jou bederf hierdie rugby seisoen met so 'n oulike rokkie! Buiten dat die kledingstuk pragtig en gerieflik is, is dit SARU geregistreerd en is daar ses verskillende groottes.



Natuurlik dan skoene! Belangrik:

Gemak:


Gemaklike skoene gaan verseker dat jy gerieflik rondbeweeg by die stadion se strappe op-en-af asook van-en-na die badkamer.


Beskermend:


Maak seker jou skoene gly nie maklik nie en sal ook jou tone kan beskerm teen mede-ondersteuners wat moontlik op jou tone kan trap wanneer hulle opspring tydens 'n drie! Tydens die wedstryd kan jy ook jouself voorberei vir 'n moontlike drank waterval vanaf die stadion trappe. Niemand soek nat en koue voete agv van rugby opgewondeheid nie, so maak seker jy het toe skoene aan!

Stylvol:


Stylvolle skoene en selfvertroue loop hand-aan-hand. Daar is geen verskoning om gemak en styl saam te kombineer nie. Verskeie ontwerpers en maatskappye het baie stylvolle skoene wat nogsteeds gemaklik en beskermend is. Loer bietjie hier:



'n Sonbril en 'n hoed is 'n moet! Jy moet jouself beskerm teen die son se UV-strale en die risiko van hitte-uitputting afhangende van die seisoen. Natuurlik is dit ook belangrik dat jou visie van die wedstryd nie deur die son belemmer word nie, so kry daardie hoed en sonbril reg!



Suid-Afrikaanse dames weet hoe onvoorspelbaar weersomstandighede kan wees. Maak seker jy loer vooraf op AccuWeather vir akkurate weervoorspellings. Hou 'n warm baadjie byderhand vir daardie koue verrassings sodat jy nie onkant gevang word nie. Los maar die ander span om onkant gevang te word!



Tip #4 - Sak en Pak


As 'n ondersteuner is dit noodsaaklik om 'n goeie handsak of rugsak by jou te hê! Hierdie is nie net vir styl nie, maar ook vir praktiese doeleindes om jou tyd so gerieflik as moontlik vir jouself te maak. 'n Paar faktore om te onthou wanneer jy 'n handsak of rugsak kies:


Genoeg spasie:

Jou sak keuse moet voldoende spasie het om al jou belangrike items veilig en naby te kan hou. Dit verseker dat jy rond kan beweeg gerieflik en met 'n gemoedsrus.




Wanneer jy 'n vrou is, is dit belangrik om voorbereid te wees. Hier volg 'n paar noodsaaklike items wat jy in jou handsak of rugsak kan saam dra om die hele ervaring gemaklik en aangenaam te maak:


Rugby Toegang Kaartjie - Loer hier

Die heel belangrikste item vir die dag! Jy kan dit elektronies op jou slimfoon aflaai sodat jy dit by die toegangshek kan skandeer. Die ander opsie is om jou kaartjie uit te druk en dit op papier beskikbaar te hê indien tegnologie jou in die steek laat!


Die son kan genadeloos wees, veral as jy aan die verkeerde kant van die stadium sit.


Gekraakte lippe is die laaste bekommernis wat jy moet hê op die dag!


As daar een iets is wat ons uit Covid-10 geleer het, is dat ons die nodige beskerming teen kieme moet neem!


Ontsmettingsmiddel Sproei aka "Sanitizer"- 3 in 1 Hygiene Hand Sanitizer Spray 500ml

'n Sproei ontsmettingsmiddel is baie gerieflik en vinnig om te gebruik om jouself teen kieme te beskerm.


Die antwoord tot al daardie ongewenste haar verstrengelinge.


'n Persoonlike Rugby Beker- My Belle

Enige ware Suid-Afrikaanse dame sal weet hoe belangrik dit is om nie drank te mors nie! So, dames kry sommer nou vir jou 'n oulike persoonlike beker wat "spill-proof" is, klik op die skakel hierbo.


'n Klein Grimeersakkie - Thandana Makeup Bag Laminated Fabric

Die is vir my 'n absoluut moet! 'n Klein grimeersakkie vir al jou mini grimeerprodukte en enige ander items wat jy as vrou mag benodig. Daar is niks so frustrerend wanneer jy moet rond krap en soek vir 'n produk wat iewers heel onder in 'n handsak of rugsak rond lê nie!


Mini Grimeerprodukte - House of Cosmetics

Indien jy nie jou persoonlike voorkeur produkte in 'n mini vorm kry nie, kan jy altyd jou onderlaag vir die dag in 'n kleiner reisbotteltjie oorgooi.


Kougom - Stimorol

Dit dien as 'n nuttige hulpmiddel vir vars asem na daardie biltong-happie en selfs tydens daardie spanningsvolle rugbywedstryd oomblike! Omrede almal baie naby aan mekaar op die rugbystadion sit, wil jy nie hê dat jou asem jou mede-ondersteuner langs jou se ervaring belemmer nie. Plus, jy kan altyd dit aanbied vir die persoon langs jou indien hulle besig is om 'n slegte ervaring vir jou te gee!


Dit is so maklik as 'n Suid-Afrikaner om jouself te verloor in die opwinding van rugby. Vir my is dit altyd van uiters belang om 'n klein mediese sakkie by my te hê! Hier is 'n paar items wat ek altyd by my het:

Hier begin die "COUNTDOWN"!

Soos wat die Wêreldbeker afgeskop het in Parys, 08 September 2023 met die gasheer span wat vir die All Blacks op hulle vingers getik het, kan ons dames maar ons Bok Rokkies reg kry! Maak seker om in te skakel op 09 September 2023 wanneer ons Springbokke vir Walles aanvat!


Go Bokke! Ons dames staan Saam Suid-Afrika bank vas agter julle.





 
 
 

Comments


bottom of page