top of page

TIP: Wanneer moet ons kollageen begin gebruik?

Updated: May 21, 2023

Vir die wat nie weet nie, kollageen is ‘n proteïen wat dien as een van die hoofboublokke vir jou bene, vel, hare, spiere, senings en ligamente. 70-80% van die menslike vel bestaan uit hierdie “pretty protein”.


Kollageen hou ons vel gloeiend en jeugdig. Wanneer ons kollageen afneem met ouderdom, kan ons ‘n duidelike verskil begin sien aan ons vel se tekstuur en pigmentasie.


Die afname van kollageen en die veroudering van ons vel is ‘n natuurlike en tipiese deel van die lewe. Daar is wel tegnieke om die vel se voorkoms gesond en jeugdig te hou.


Wanneer veroudering by ons voordeur staan en klop, behoort ons almal die verouderingsproses grasieus en met trots te verwelkom, maar vir die gene wat die “pause” knoppie wil druk op van die fisiese gevolge, kan wel so maak. Kollageen is ‘n uitstekende aanvulling om jou liggaam se kollageen vlakke ‘n hupstoot te gee.


Hierdie lei na die vraag - wanneer behoort ons kollageen te begin gebruik en wanneer begin ons kollageen vlakke afneem?




Op watter ouderdom begin ons kollageen vlakke afneem?

Kollageen produksie begin afneem tydens jou twintiger jare met 1% elke jaar. Dit beteken dat wanneer jy vyftig word, jy 50% van jou natuurlike kollageen al verloor het.


Die gemiddelde persoon kom eers in aanraking met plooie in hul vroeë dertigs. Soos kollageen afneem, word daar ‘n verandering aan die vel gesien en styfheid van die gewrigte en verdunning van die hare word ervaar.


So, op watter ouderdom moet jy begin kollageen neem? Wanneer jou telefoon alarm jou wakker skree op jou twintigste verjaarsdag, maak seker dat jy sommer jou eerste slukkie kollageenkoffie neem! Tussen die ouderdom 20-25 kan kollageen gebruik word as ‘n voorkomende middel. Jy kan hierdie tydperk sien as jou kollageen bank tyd, sodat wanneer die dag kom om die voordeel daaruit te kry, het jou liggaam klaar gereed gemaak om te begin baklei teen veroudering.






Wat is die gevolge van kollageen afname?

Die hoof gevolg van kollageen afname is die vermindering van vel elastisiteit, wat daardie los en gerimpelde vel voorkoms vir ons almal gee. Soos wat jou liggaam natuurlik minder kollageen produseer, mag jy subtiele veranderings begin ervaar en voel dat jy anders begin lyk. Maar onthou, dit is als deel van die natuurlike evolusie van ouer word wat ons almal een of ander tyd gaan moet ervaar.


“Tip allert”: Hoe vroeër jy begin om jou kollageenvlakke aan te vul, hoe vinniger sal jy resultate sien! ‘n Paar vroeë tekens is:

  • Jou gewrigte ervaar meer “wear and tear” soos wat kollageen afneem. Jy mag meer pyn as gewoonlik begin ervaar tydens oefen sessies.

  • Kollageen is verantwoordelik vir vel fermheid, dus met kollageen afname begin vel losser voorkom soos wat elastisiteit verminder.

  • Plooie en fyn-lyne begin sigbaar raak wat gepaard gaan met dehidrasie en die verdunning van die vel.

  • Jou hare kan dowwerig en verdun begin lyk. Dit mag ook begin “split” en breek soos wat die kollageen vlakke afneem. Haarverlies is ook moontlik.

  • ‘n Gesonke voorkoms onder jou oë mag sigbaar wees met meer prominente wange as gewoonlik.



Hoe kan jy jou kollageen produksie verbeter?

Kollageen is een van jou liggaam se belangrikse proteïene. Om kollageen daagliks te “boost” en te volhou sal nie net jou fisiese voorkoms bevoordeel nie, maar ook jou algehele gesondheid. Wat uiters belangrik is met die gebruik van kollageen en nie genoeg beklemtoon word nie, is dat jy net die vrugte van kollageen sal pluk as jy pligsgetrou op ‘n daaglikse basis jou kollageen gebruik! Wanneer jy vergeet om dit te gebruik, stop jy die stimulasie van kollageen in jou liggaam en mag die voordele nie so prominent wees nie. So, maak seker dat jy die gebruik van kollageen ‘n gewoonte so sterk soos jou oggend koffie of tee maak!


Hieronder is 'n paar kollageen produkte wat ek sterk kan aanbeveel!




1 Comment


Christina de Wet
Christina de Wet
Jul 23, 2023

Het gehoor by vriendin.Sy gebruik die wit box kollegeen bright.

Like
bottom of page